Ask an expert
Question

25 Jul 2005

gewigsverlies
wil graag weet: ek weeg 57kg en is 1.6m lank. drink soggens 'n smoothie en eet smiddae iets lig soos sop of yoghurt met 'n vrug en saans meestal vrugte. probeer ook om elke dag sowat 45 min te oefen. Alhoewel ek baie moeilik gewig verloor wil ek net sowat 5 kg verloor. Dink Doc dat my eetgewoontes reg is om gewig te verloor.
Answer 650 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Just Me
Aangesien jou huidige BMI = 22,3 (ideaal vir jou lengte) sal ek jou aanraai om nie nog gewig te verloor nie. Hou aan met jou oefening en sorg dat jy 'n gebalanseerde dieet inneem. Dit lyk vir my dat jy net vrugte en jogurt een - nou dit is uitstekende kosse, maar jy het ook nodig om bv vleis, vis, eiers en grane te eet andersins gaan jy gebreksiektes opdoen (bv 'n ystertekort, B12-tekort, gebrek aan sink, omega-3 vetsure, ens, ens). Moenie jou gesondheid ondermyn deur ongebalanseerde te eet omdat jy wil gewig verloor wanneer jy reeds 'n mooi gewig het.
Wees versigtig en verstandig
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9360 votes
No
67% - 19292 votes
Vote