Ask an expert
Question

15 Nov 2004

Grapefruitdiet
Ek het gelees dat navorsing toon dat pomelo kan help om gewigsverlies aan te help. Sal die grapefruit diet pille van merc dieselfde uitwerking hê of moet mens verkieslik by die vars pomelo's of sap hou? OF is dit maar net weer 'n foefie?
Answer 556 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Mienkie
Pomelo's het 'n lae energie- en 'n hoƫ veselinhoud, dus kan dit help om hulle in 'n verslankingsdieet in te sluit, want dit sal jou meer versadig laat voel en min energie tot jou dieet bydra. Die sitrus-ekstrak in dieetpille aan die ander kant, bevat 'n chemiese verbinding wat jou aptyt demp. Dit kan egter negatiewe newe-effekte veroorsaak, dus sal ek aanraai dat jy liewer 'n gebalanseerde verslankingsdieet wat pomelo's insluit, sal gebruik saam met oefening om te verslank.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.