Ask an expert
Question

14 Nov 2006

Groen tee
Hi Diet Doc
Ek probeer minder koffie drink en vervang dit met groen tee. 1. Is 4 - 5 koppies groen tee `n dag te veel, en hoekom?
2. Is dit waar dat groen tee baie Vit C bevat?

Groete
Monica
Answer 3,379 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Monica
Groen tee is al honderde jare lank deur mense in die Ooste as hulle daaglikse warm drankie gebruik, dus sal 4-5 koppies seker nie skade doen nie. Die nuutste navorsing dui ook aan dat sekere verbindings wat in groen tee voorkom, moontlik verslanking kan aanhelp - dus kry jy dalk 'n bykomstige voordeel. Ek het nog nie juis verneem dat groen tee ryk is aan vit C nie. Dit bevat egter baie ander anti-oksidante wat die liggaam beskerm.
Geniet dit
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.