Ask an expert
Question

05 Feb 2004

Hallo

Wat se kos gee vir jou heartburn.
Wat se kos het baie suur in
Hallo

Wat se kos gee vir jou heartburn.
Wat se kos het baie suur in
heartburn
Hallo

Wat se kos gee vir jou heartburn.
Wat se kos het baie suur in
Answer 2,122 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Leser(in)
Suurproduksie in die maag wat in die slukderm opstoot en sooibrand veroorsaak, en ook gastritis wat tot maagswere kan lei, word meestal deur stres en oormatige alkohol of rook veroorsaak. Die reaksie m.b.t. kosse is 'n individuele reaksie - sommige mense reageer op wit brood, ander op bruin brood. Dit is dus 'n goeie idee om 'n kos-dagboek te hou en aan te teken watter kosse en dranke vir JOU probleme gee. Ek vertrou dat jy mediese behandeling ontvang vir jou probleem want daar is deesdae baie goeie middels soos protonpompinhibeerders en teensuurmiddels beskikbaar. Algemeen gesproke sal alkohol, oormatige koffie en tee, gas koeldranke, kosse wat tot winderigheid lei soos rou uie, komkommer, kool, ens en baie skerp kosse wat te veel speserye bevat, bydra tot suur vorming. Slegs sommige persone reageer op kosse wat suur proe soos lemoene of suurlemoene. Indien jy baie gestres is, sal dit raadsaam wees om ontspanningsoefeninge soos joga te doen en meer rus te kry.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.