Ask an expert
Question

07 Oct 2009

Help
Hello Dokter

Ek is ' n 23 jaar oue vrou sonder enige skildklier of dietbetis probleme. Ek weeg 115kg en wil 15kg verloor. (vir eers) Ek is nie baie aktief nie. Ek hou nie van oefen nie. Ek stap baie in my tipe werk, maar sit ook netso baie. Hier is my daaglikse routine.

Oggend:
2 Weetbix
1 suiker
Fat free melk
' n Half glasie Cranberry sap (vir my blaas)

Middag:
4 snye bruin brood
Met of kaas en tamatie of avo of eier of tuna of of of op.

Aand:
2 stukkies vleis, bv. Pork neck of vis of hoender. (nie groter as my handpalm nie)
1 aartappel
Groente, bv. ' n mielie of butternut of steam it.

Ek drink omtrent 2 koppies koffie deur die dag. Of Oros. Of water. Ek is op Marvelon. En omdat ons hoë  bloeddruk in ons familie het, probeer ek om baie min sout te eet.

Wat doen ek verkeerd dat ek nie gewig verloor nie? Of wat kan ek anders doen? Ek eet al so vir die afgelope 2 jaar. En het nog niks verloor nie.

Dokter mag maar in Engels antwoord. Ek het net nie lekker al die terme in Engels geweet nie. Baie vir die raad












Answer 1,182 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Help
Dit is ook vir my vreemd dat jy met hierdie dieet wat jy vir my beskryf, nie gewig verloor nie. Ek kan net vir jou aanbeveel om 'n kliniese dieetkundige te spreek sodat sy/hy vir jou kan uitwerk wat jou energie-inname per dag is en of dit te hoog is. Die dieetkundige sal ook moet besluit of jy dalk sal baat by 'n lae-GI-dieet (lae glisemiese indeks), al het jy nie diabetes nie. 'n Lae-GI, lae-vet-dieet kan dikwels help vir hardnekkige oorgewig. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Om meer te lees oor lae-GI diƫte, kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op "Weight loss" en "The Glycaemic Index". Besoek ook die Webwerf van die "Glycemic Index Foundation of SA" by: www.gifoundation.com oor wenke en boeke oor die onderwerp.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.