Ask an expert
Question

24 Feb 2004

Help asseblief
Ek is in 'n bose kringloop - my gewig maak my depressief en ek eet omdat ek depressief is. Ek weet nie vir watter 'probleem' ek hulp moet soek nie. As ek ontsteld raak oor iets voel ek dieselfde tyd honger?
Answer 428 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Leser(in)
Ek wil graag aanbeveel dat jy eerstens hulp soek by 'n kliniese sielkundige (kyk in die Geel Bladsye of vra jou huisarts om jou te verwys) om uit te vind wat die depressie veroorsaak en jou te leer om dit op beter maniere te hanteer as om jou na kos te wend. Om gewig te verloor kombineer 'n lae-vet, hoƫ-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) met gereelde oefening (sluit aan by 'Walk for Life' of 'n gimnasium). Die oefening sal ook help vir die depressie want mens maak sogenaamde endorfiene (natuurlike opkikkers) terwyl jy oefen.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.