Ask an expert
Question

19 Mar 2007

Herbalife, maar verloor nie!
Ek is al moedeloos. Ek is nie oorgewig nie (BMI is 24) maar ek wil regtig net so 5kg verloor om beter in my klere te pas en te lyk! Ek is tans al vir meer as 'n maand op Herbalife en gebruik hulle Shakes vir ontbyt en middagete. My aand ete is klein porsies en geen stysel en ek drink baie water. Ek eet nie lekkergoed, ens. tussenin nie en hou regtig by die Plan, maar ek verloor nie gewig nie en tel op! Ek het net in die begin van die dieet sowat 3kg verloor, maar nou weer alles opgetel! Dis so frustrerend. Ek het nou al selfs oorweeg om my Hormone en SKildklier te laat toets (ek het so 2 jaar gelede op 30 jaar 'n Histerektomie gehad, maar hul het eierstokke gelos). Help asb.
Answer 1,337 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Gesiggie
As jy sukkel om gewig te verloor, dan wil ek jou graag aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy vir jou 'n individuele dieetvoorskrif kan uitwerk. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal kyk hoeveel energie jy tans inneem en of jy miskien beter sal doen op 'n lae-GI dieet. Onthou tog ook dat gereelde daaglikse oefening baie kan bydra tot gewigsverlies.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9425 votes
No
68% - 19886 votes
Vote