Ask an expert
Question

18 Jul 2006

Hoodia vs Thinz
Hi doc, ander mense

Watter een dink julle is die beste, Hoodia of Thinz?

Ek is al so moeg vir my lyf ek kan dood.....
Moeg van reg eet maar geen results nie....

Help asb.

Baie Dankie
Mia
Answer 908 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Mia
Ek is persoonlik gekant teen produkte wat epinefrien of derivate daarvan bevat soos Thinz, want dit kan allerhande nadelige newe-effekte veroorsaak, en tot verslawing lei. Die Hoodia produkte behoort te werk, mits jy egte Hoodia in die hande kan kry. Volgens berigte is die meerderheid Hoodia produkte nog afgewater of 'fop' produkte wat van oorsee ingevoer word. Dit is nog beter om liewer 'n gebalanseerde dieet en gereelde oefening te gebruik om die gewig te verloor - dis goedkoper en veiliger.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.