Ask an expert
Question

29 Jun 2010

Hulp vir gewigs verlies
Ek is 51 oud .en in my menopause. Die afgelope 18 mnde het my gewig met 15 kg vermeerder, 1) ek het ophou oefen, 2) ek peusel meer . (eweskierlik n vreeslike soettand ) en ek drink Aropax.(anti depres)Ek het 4 maande terug dieetkundige gaan sien en hou by die eetplan , oefen weer 2 keer n week , maar as ek gelukkig verloor ek 500g n maand . Ek het nou iets gekoop om my te help om net bietjie minder te eet . Dit is ongelooplik demotiverend om so aan te gaan , Voel ek het net n hupstoot nodig , ek is maar 1,63 meter lank en weeg 73kg.! Kan die volgende skadelik wees? stroop bevat
L Phenylalanine L Tyrosine 400 mg
Pyrodoxine HCL , Riboflavine, Niacin, ThiamineNdOc-600 40 mg
Caffiene 50mg,Chromium P 100mcg-
dankie
Answer 1,118 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Mia
Al die faktore wat jy lys, het seker tot jou gewigstoename bygedra, veral die ophou oefen en die depressie of die antidepressant (beide depressie as sulks, en die antidepressant kan by sommige persone gewigstoename veroorsaak, terwyl dit weer by ander mense gewigsverlies teweeg bring!). Die mengsel wat jy gekoop het behoort nie skadelik te wees nie, want dit bevat net aminosure (wat in alle proteïene voorkom), B vitamiene, bietjie kafeïen en chroom-pikolinaat (wat moontlik kan bydra tot gewigsverlies deur stabilisering van jou bloedsuikervlakke). Ek sal aanraai dat jy probeer om ten minste 3-4 keer per week oefen want dit bly die beste metaboliese stimulant en werk ook teen depressie. Gesels met die dr wat die Aropax voorskryf om uit te vind of hy/sy dalk die voorskrif kan aanpas of verander, aangesien dit wil voorkom dat die antidepressant vir jou laat gewig aansit.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19940 votes
Vote