Ask an expert
Question

21 Jul 2010

IBS
Hi, kan jy my asb laat weet wat se kosse om te vermy as ek IBS het.

Dankie
Answer 1,318 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Isabel
Mense wat aan prikkelbare dermsindroom ly, reageer individueel op sekere kosse. Een persoon sal ongemak, pyn en winde ervaar as sy wit brood eet, terwyl die volgende persoon op bruin reageer. Jy sal 'n dagboek moet hou en elke dag moet aanteken watter kosse jy geeet het en watter kosse vir jou simptome veroorsaak het en dan laasgenoemde uitsny. Indien jy probleme hiermee ondervind, sal ek aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige moet spreek sodat sy vir jou 'n individuele dieetvoorskrif uitwerk. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes, veral i.v.m. die prikkelbare derm. Stres is een van die mees belangrike faktore wat prikkelbare dermsindroom vererger. Probeer asb om jou stresvlakke so laag was moontlik te hou, al verg dit terapie deur 'n kliniese sielkundige, joga of ontspanningsoefeninge. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'You are what you eat' en lees die artikels oor "Healthy colon" veral die gebruik van 'goeie mikroörganismes (probiotika)' soos LP299V wat mens by die apteek kan koop.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19974 votes
Vote