Ask an expert
Question

22 Mar 2007

Ingekorte vastende glukemia
Nadat ek vir 'n baie lang tyd altyd moeg was en sommer net nie lekker gevoel het nie, het my dokter uiteindelik my suiker begin toets. Ek het soms so sleg gevoel dat dit gevoel het asof ek een of ander aanval kry. My normale lae bloeddruk het die hoogte ingeskiet en dan weer soms so laag gedaal dat ek voel of ek wou omkap. Die 2 uur glukose toets was normaal. DIe vastende glukose toets was 6.1. Kan dit die oorsaak wees vir die aanvalle.
My dokter het gese sy dink dit het iets te doen met my glukose metabolisme, maar die brief wat sy gegee het vir die dieetkundige het gese "ingekorte vastende glukemia".

Wat ek wil weet is of die aanvalle agv die toetsuitslae was?
Is glukose metabolisme en ingekorte vastende glukemia dieselfde?
Beteken dit ek is 'n diabeet?

Die dieetkundige het gese my dieet lyk redelik goed, en het net 'n bietjie meer stysel en proteine aanbeveel.

Word bogenoemde slegs veroorsaak deur eetgewoontes? Jammer vir so baie vrae en baie dankie sover.
Answer 2,712 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Onseker
Ek is jammer dat jy nie vir die dr en dieetkundige hierdie vrae gevra het nie, want ek weet ook nie mooi wat die dr bedoel met 'ingekorte vastende glukemie' nie. As jy aan lae bloedsuiker ly of hipoglisemie, dan is dit moontlik dat jy baie sleg sal voel wanneer jou bloedglukosevlakke te laag daal. Dit is nie diabetes nie. Maar ek sou reken dat die dieetkundige vir jou op 'n lae-GI dieet sou sit as jy aan hipoglisemie ly en van wat jy berig, het sy nie eintlik dit genoem nie. Vra asb vir haar watter soort dieet sy voorgeskryf het - en of die 'n lae-GI dieet is, al dan nie. Dit is vir my onverstaanbaar dat die dr en dieetkundige nie vir jou meer verduidelik het wat hulle diagnose is en watter soort behandeling hulle daarvoor gaan gebruik. So gaan terug na die dr en die dieetkundige en vra hulle: a) wat gaan aan met jou glukosevlakke, is hulle te hoog, of te laag en het hulle getoets vir hipoglisemie en insulienweerstand, b) watter soort dieet is voorgeskryf - lae-GI of hoe-vesel.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9360 votes
No
67% - 19295 votes
Vote