Ask an expert
Question

30 Jul 2008

insulien &amp  Xenical
Ek het ' n BMI van 35 (ek is 1.66cm lank en weeg 97kg). Die laaste paar jaar het ek skielik gewig begin optel al het ek nie juis meer geeet of ongesonder geleef nie. Met my swangerskap 2 jaar terug het ek nog ' n verdere 20kg opgetel waarvan ek slegs 10kg kon verloor en handhaaf nou die 97kg.

Ek eet volgens die weigh-less formule en eet selgs lae GI stysels (en eet meeste dae selfs minder as wat ek toegelaat word), maar ek verloor nie gewig nie.
My dokter vermoed ek is insulien weerstandig en het dalk metaboliese sindroom. Ons is nou in die proses met die toetse om uit te vind.

Hy het vir my genoem dat hy my moontlik vir my op ' n produk soos Xenical kan sit. Ek het nou op Xenical se website gaan lees en mens moet blykbaar nogsteeds ' n lae vet dieet volg. Ek wonder egter nou net, dat ek nog altyd onder die indruk was dat iemand met insulien weerstandigheid wat ' n lae GI dieet volg ook meer van die " gesonde vette"  moet eet. Ek eet byna elke dag neute en avokado ens. Moet mens dit ook uitsny op ' n produk soos Xenical? Ek drink ook Omega 3& 6 olies want ek het ook erens gehoor dit help vir Insulien weerstand. Gaan die Xenical nie dan veroorsaak dat die Omega olies weer net so uitgeskei word nie?

Enige raad word waardeer.
Answer 1,919 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Oorgewig
Ek stem saam dat jou BMI = 35 en dat dit baie hoog is. As jy wel aan insulienweerstand ly, dan sal die dr moontlik ook medikasie vir die insulienweerstand soos Glucophage voorskryf. Dit is essensieel dat enigiemand met insulienweerstand 'n lae-vet en lae-GI dieet moet volg, veral as oorgewig 'n probleem is. Wat die Xenical betref, veroorsaak dit dat al die vet wat jy inneem (via jou dieet of selfs met die omega-kapsules) net so uit die liggaam uitgeskei word. Dit beteken 2 dinge: 1) jou energie-inname sal baie verlaag word, 2) dat jy jou vetinname tot 'n minimum sal moet beperk, andersins gebeur daar 'glipse' want die vet word net so deur die spysverteringskanaal uitgeskei! Ek stem saam dat "gesonde vette" soos mono-onversadigde vette wat in avokado en neute, olyfolie en omega-aanvullings gevind word, belangrik is vir goeie gesondheid, maar as jy wil gewig verloor, sal jy buitendien jou totale vetinname moet drasties inkort. Ek wil graag voorstel dat jy ook 'n dieetkundige spreek om 'n lae-vet dieet vir jou uit te werk wat sal help vir gewigsverlies (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Dit sal miskien 'n idee wees om vir 'n paar maande Xenical te gebruik om jou daardie hupstoot te gee om te begin gewig verloor. As jy dan op dreef is en ook makliker kan oefen, dan kan jy miskien net met 'n lae-vet, lae-GI dieet, oefening en enige medikasie wat die dr vir die insulienweerstand voorskryf, kan regkom.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.