Ask an expert
Question

12 Aug 2010

Koffie
Goeiedag.

Ek het onlangs 10kg verloor en het in daardie tydperk geen koffie gedrink wat ek ge oefen het nie, ek probeer nou op dieselfde manier van die laaste 10kg onslae raak maar in die koue drink en vreeslik koffie en sukkel my dood om gewig te verloor. Is die koffie die oorsaak?

Groete Adele
Answer 988 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Adele
Koffie op sy eie (swart koffie sonder suiker of melk) sal nie gewigsverlies belemmer nie. Die kafeïne in koffie werk as 'n stimulant wat jou energieverbruik effens verhoog en dit het ook ontwateringseienskappe - 2 funksies wat gewigsverlies bietjie aanhelp. As jy suiker en volroom melk saam met die koffie drink, dan sal dit die energiewaarde opstoot en moontlik jou pogings dwarsboom. Drink dus swart koffie met 'n versoeter of gebruik vetvrye melk by die koffie.
Hopelik sal dit eersdaags weer warmer word sodat jy weer kan minder eet en gewig verloor.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.