Ask an expert
Question

21 Jul 2005

KOOLHIDRAAD SENSITIEF
Ek is koolhidraad sensitief en moet dringend 20kg verloor. Sal die Atkins dieet vir my werk? Ek was vir die afgelope twee weke op 'n lae vet dieet, maar met geen resultate.
Answer 1,829 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Desperaat
Ek verstaan nie mooi wat jy met 'koolhidraat sensitief' bedoel nie? Beteken dit jy is allergies vir sekere koolhidrate, of bedoel jy net dat jy dink dit maak jou vet? Dit is eintlik 'n mite dat koolhidrate vet maak aangesien hulle slegs 16 kJ/gram bevat terwyl vet 37 kJ/gram aan energie bevat - 'n groot verskil, nie waar nie. Dit is waarskynlik die vette wat jy saam met koolhidrate eet of die hoe-energie koolhidrate soos koek, ens, wat vir jou laat gewig aansit. Ek is persoonlik nie ten gunste van die Atkins dieet nie. Ek is het 'n 'Standpunt Dokument' oor die Atkins Diet vir ADSA geskryf en kan vir jou sê dat daar baie studies gedoen is met hoë-proteïendiëte wat wel toon dat mense vinnig gewig verloor en ook meer gewig verloor met sulke diëte as met standaard gebalanseerde diëte. Die vinnige gewigsverlies word toegeskryf aan verlies aan water a.g.v. die afwesigheid van koolhidrate in die dieet (m.a.w. die verlies is nie vet nie, baie daarvan is water) en die feit dat ketose mens se aptyt rem (die sirkulerende ketone in die liggaam demp die aptyt). Die 'mislukkingskoers' op hierdie diëte is egter hoog en verslankers neig om weer die gewig op te tel wat hulle verloor het. Daar is nog geen studies wat lang opvolg gedoen het, dus weet ons nog nie wat die langtermyn uitwerkings van sulke diëte vir volgehoue gewigsverlies is nie. Ons weet ook nog nie watter moontlik nadelige uitwerkings sulke diëte op bloedvetvlakke (bv. hoë cholesterol) en sekere soorte kanker sal hê nie.
Gebruik liefs daardie lae-vet dieet (gee jouself meer as 2 weke kans) en gereelde oefening om die gewig te verloor. Liewer stadiger verloor as om jou gesondheid in gevaar te stel.
Wees versigtig
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19306 votes
Vote