Ask an expert
Question

24 Jul 2006

Lae bloedsuiker en moegheid na ete
Na etes oorval 'n erge moegheid my. Glukose-toleransie-toets wys 'n vastende bloedglukose van 4. Twee uur na glukose-belading is dit af na 3.2. Ek is glad nie lief vir soetgoed nie, maar drink wel so 4-5 bekers koffie met 2 teelepels suiker in. Ek eet meestal 3 gereelde etes. Ek is 'n matriekseun en vind dit moeilik om te leer as ek so moeg is na etes. Wat kan ek doen om die situasie te verbeter?
Answer 2,923 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Juhan
Vra asb vir jou ouers om jou na 'n kliniese dieetkundige te neem. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit is belangrik dat die dieetkundige vir jou die korrekte dieet uitwerk vir iemand wat aan lae bloedsuiker ly en ook nog aktief is soos julle matriekseuns gewoonlik is.
Sterkte met die studies
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
31% - 9514 votes
No
69% - 20788 votes
Vote