Ask an expert
Question

20 Jan 2009

Lae vet vleissous (Bolognaise sous)
Beste DietDoc
Baie dankie vir die bemoedigende raad oor lae GI kosse.
Ek wil net graag meer uitvind rondom die lae-vet vleissous (Bolognaise sous).
1) Waar kry mens dit? Of moet mens dit self maak?
2) As jy dit self maak, watse vleis sit jy in? Ek probeer rooi vleis oor die algemeen vermy weens die hoë  vetinhoud daarvan. Is fynvleis (mince), sels die extra lean mince, nie maar ook geweldig hoog in vet nie?
3) Kan mens Ina Paarman se Bolognaise sous, die pasta sous in die botteltjie gebruik? Ek sien dis lae-vet, maar daar staan nerens dat dit lae GI ook is nie? Ek wonder net of al die byvoegsels daarin nie dalk die GI verhoog nie?
4) Waar kan ek ' n resep kry vir ' n lae-vet vleissous (bolognaise) wat vinnig en maklik is om te maak, of watter klaar voorbereide produk kan ek gebruik?
Baie dankie Dok, ek waardeer jou raad!
Groete
Martie
Answer 1,787 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Martie
Dis 'n plesier. Jy kan 'n lae-vet vleissous maak van ekstra-maer gemaalde beesvleis, tamatie puree of vars tamaties, ander groente soos soetrissies, groen bone, ertjies, en selfs 'n wortel of 2, of geblikte of gekookte droë bone (lae-GI), balsem kruid, bietjie swart peper en bietjie sout. Die idee is om net 'n matige porsie vleis te gebruik en soveel groente of peulgroente as moontlik by die sous te voeg. Tamaties, en tamatie puree (die hoofbestanddeel van die sous en die maer maalvleis) het 'n lae GI. Onthou tog dat mens hoë-GI en lae-GI kosse kan meng. Ek is nie vertroud met Ina Paarman se Bolognaise sous nie - as dit basies 'n tamaties sous is, dan behoort die GI nie hoog te wees nie.

Lekker eet
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.