Ask an expert
Question

14 Jul 2005

Lipogram explained
My HDL Cholesterol telling is hoër as die verwysende waardes. My LDL Cholesterol telling is wel binne die aanvaarbare waardes.
Tolale Cholesterol waarde is 5.00 wat na my mening hoog is. My vraag is as volg. Wat veroorsaak die hoë HDL telling, en wat kan ek daar doen? Het die HDL telling 'n invloed op die bepaling van die algehele cholesterol telling?
Dankie vir u hulp.
Answer 3,478 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Dummy
Veels geluk - 'n hoë HDL-cholesterol telling is baie goed - iets wat mens na strewe. Gesonde persone het 'n hoë HDL-cholesterol en 'n lae of normale LDL-cholesterol. HDL-cholesterol word as 'goeie cholesterol' beskou wat jou teen hartsiektes beskerm! Die totale cholesterol telling word bepaal deur 'n hele aantal fraksies soos HDL-, LDL-, VLDL-cholesterol. Ek kan nie sê of daardie telling van 5 hoog of laag is nie, want dit hang af watter reikwydte vir die spesifieke toets gebruik is. As jou totale cholesterol telling binne die reikwydte val op die verslag, dan is dit nie hoog nie.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9369 votes
No
67% - 19367 votes
Vote