Ask an expert
Question

12 Aug 2010

man met ho&#235  bloedruk en oorgewig
Hallo Dok,

Hoe kan ek my man kry om te kyk na sy gewig???? hy het baie ernstige hoë  bloeddruk maar na hy in hospitaal opgeneem is en amper by die dood om gedraai het, verander hy nogsteeds nie sy slegte patrone nie. Hy gebruik drank elke aand so 4-8 glase en moet ook ''n bak chips hê  (waaroor hy NOG sout gooi) as hy gaan lê  in aand. Hoe kan ek die belangrikheid van gewigsverlies en ''n gesonder lewe in sy kop kry???
Answer 711 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Bekommerde Vrou
Ek kan goed glo dat jy seker al rasend is omdat jou man nie wil probeer om gewig te verloor en om verstandig te eet (lae-sout, lae-vet dieet). Die probleem is dat net jou man in staat is om die veranderings te maak, en hy is besig om koppig en onverskillig te wees. Ek kan net voorstel dat jy probeer om jou man te oorreed om saam met jou na 'n kliniese sielkundige te gaan vir berading, aangesien hy eintlik voor jou oë besig is om selfmoord te pleeg. Kyk of jy dit kan regkry want dalk kan 'n buitestander vir hom laat verstaan hoe gevaarlik en selfsugtig sy optrede is.
Ek hou vir hulle albei styf duim vas.
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19933 votes
Vote