Ask an expert
Question

22 Jul 2006

MOET gewig optel
Hallo
Ek is 14 jaar oud en moet dringend gewig optel ek weeg net 43kg en het nog nie begin menstrueer nie ek is bekommerd en weet dat dit iets met my gewig te doen het , ek eet min omdat ek aan 'n eetsteurnis lei (iets meer soos ortorexia) ek hou nie baie van sweets ,tjips of soetgoed nie . Ek het nou besef ek moet gewig aansit al gaan dit moeilik vir my wees. Ek hou wel baie van neute en eet daagliks daarvan ek hou ook van muffins en ontbyt pap. Ek eet ook peanuts en rosyntjies, maar die rosyntjies laat my opgeblaas voel. Ek oefen baie en drink baie water. Het tanie asb vir my raad oor wat ek kan eet om my te help gewig aansit . Ek drink ook 'n voedselvervanger saam met my maaltye. Ek kan nie groot hoeveelhede kos op een sal eet nie want dan raak ek baie naar en voel of ek wil opgooi. Asb wat kan ek eet wat my sal help gewig optel ????
Answer 1,834 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Lalla
As jy aan 'n eetsteurnis ly, is dit essensieel dat jy deskundige hulp kry van 'n kliniese sielkundige om uit te vind wat jou tot self-destruksie dryf en jou te leer om jou sielkundige probleme beter te hanteer, en 'n kliniese dieetkundige om jou weer te leer om normaal te eet sodat jy jou gesondheid, normale groei en gewig kan beskerm. Vra jou huisarts om jou na 'n kliniese sielkundige te verwys en besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. As jy in Gauteng woon dan kan jy Tara Hospitaal kontak omdat hulle 'n Eetsteurnis kliniek het (skakel (011) 783-2010). In Kaapstad kan jy die Kenilworth Kliniek kontak (021) 797-1400 en in KwaZulu Natal Riverview Manor (033) 701-1911, of kontak hulle op: www.riverviewmanor.co.za
Kry deskundige hulp so gou as moontlik.
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9476 votes
No
68% - 20327 votes
Vote