Ask an expert
Question

26 Jul 2005

NAGSWEET
Ek is 40. Het 'n histerektomie gehad, maar het nog eierstokke. FSH is getoets-normaal. T4 and T3 word gereeld getoets en is onder medikasie. Is Insulin-resistant, en gebruik Glucophage 500. Besoek 'n goeie dieetkundige, en is op 'n gebalanseerde dieet van hoe vesel en lae vet. Het al 5 kg verloor oor 4 maande. Voel eintlik baie goed en baie beter as voorheen. Is op Calcium, Slow-Mag, B6 en Femolin. Al waaroor ek bekommerd voel is ek verloor nou al die afgelope jaar geleidelik my hare, slaap rusteloos en kry vreeslik nagsweet. Ek voel behoorlik asof my bene aan die brand is. Kan dit wees omdat my gesondheid so lank nie goed was nie?, en sal dit wel verbeter?
Answer 808 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Amanda
Ek dink dat jy weer met die ginekoloog moet gaan gesels want dit klink amper vir my dat jy warm gloede kry en dat die ander simptome ook tekens van die menopouse is al het jy nog jou eierstokke. Die verlies aan hare mag ook op 'n vroulike hormoongebrek dui of 'n ystertekort. Vra die dr om dit te toets. As jy wel aan ystergebrek ly, sal die dr 'n ysteraanvulling met foliensuur voorskryf soos FerroFolic.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.