Ask an expert
Question

26 Mar 2007

O2lean info
Ek het vir my O2lean pille gekoop.
Dit bevat die volgende:

Hydroxy critic acid
Guarana extract
White willow bark fine powder
Green tea extract
Piper nigrum extract
Ginger root
L-carnitine
Vit B5
Chromium pclynicotinate

Is daar enige van die bogenoemde wat skadelik is en miskien teen die pil werk? Dink dietdoc die pil kan dalk werk vir die verloor van gewig? Diegene wat dit al probeer het, het dit gewerk en hoe het julle geeet met die pille saam? Baie dankie, lekker dag.
Answer 971 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Girly
Die guarana-ekstrak kan moontlik skadelik wees aangesien dit kafeïen bevat, maar ek twyfel of die pille meer kafeïen as 'n gewone koppie koffie bevat. Kafeïen is 'n stimulant en as dit in oormaat gebruik word (meer as 300 mg per dag) dan kan dit prikkelbaarheid, hartkloppings, slaaploosheid, ens veroorsaak. Die wilgerbasekstrak bevat weer salisielsuur (soos in aspirien) wat in oormaat maagswere kan vererger. Van die ander bestanddele behoort die groentee-ekstrak en die chroom wel te help met gewigsverlies. Ek sal voorstel dat jy 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet probeer (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan).
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.