Ask an expert
Question

18 Aug 2010

Ontbytkos
Goeiemore
Is die volgende ontbtytkosse goed om te eet vir gewigsverlies? Maltabella Pap(40g)(Uncoocked), Oats(40g) uncoocked), of 2 eiers? Ek eet dan 2 provitas met kaas vir vir " snack"  asook ''n vrug. Vir middagete eet ek 2 snye volgraanbrood met ham en slaai.Weer ''n vrug vir ''n snack en in die aande my vleis,groente,stysel en ''n slaai en bakkie jogurt vir nagereg.Is hierdie dieet voldoende vir gewigsverlies? Dit voel vir my of dit te veel is? Ek is 1.6m lank en weeg 64kg. ek is baie fyn gebou en wil graag 55kg weeg.
Answer 1,278 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Babsie
Algemeen gesproke is die dieet wat jy beskryf relatief gebalanseerd. As jy die Maltabella pap (hoƫ-glisemiese indeks of GI) saam met lae-vet of vet-vrye melk of jogurt eet, om die GI te verlaag, dan kan jy dit wel gebruik. Dieselfde geld vir hawermout. Twee eiers op 'n slag is te veel cholesterol, probeer om liewer net een te eet en ook nie elke dag nie. Kombineer dit met 'n sny geroosterde lae-GI brood. Gebruik lae-vet maaskaas vir jou versnaperings. Maak ook seker dat die porsies wat jy saans eet nie te groot is nie en dat jy so min vet as moontlik gebruik vir die voorbereiding (bv. geroosterde vleis of vis). Gebruik ook lae-vet of vet-vrye jogurt om die energiewaarde te verlaag. As jy die 3 porsies melk, maaskaas of jogurt elke dag kan inneem, sal dit goed wees want volwasse vrouens het 1200 mg kalsium per dag nodig on hulle te beskerm teen bros bene en toekomstige osteoporose. Jou huidige BMI = 25 (die boonste valk van normaal) en dit sal dus goed wees om wel 'n paar kg te verloor. Op 55 kg, sal jou BMI = 21,5 wat net onder die ideaal is.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9370 votes
No
67% - 19367 votes
Vote