Ask an expert
Question

06 Aug 2008

Opgehou met rook
Ek het opgehou met rook, maar sukkel nou want ek wil permanent eet. Wat kan ek doen of eet om te keer dat ek gewig aansit? Ek kou kougom vir ' n vale en drink baie water maar dit help niks nie.
Answer 918 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Toni
Dit is uitstekend dat jy rook gelos het. Goed gedaan. Die honger gevoel is normaal na rookstaking, want mens se liggaam begin om energie meer effektief te gebruik. Navorsing het egter aangedui dat as die persone nie hulle energie-inname verhoog nie (bv. heel dag peusel weens die drang vir orale bevrediging) en genoeg oefening doen, dan sal die liggaam aanpas en die gewig sal weer geleidelik na normaal terugkeer. Kliek op 'Diet' boaan hierdie bladsy en dan op 'DietDoc's articles' en doen ‘n Soektog vir 'Stopping smoking' om al die wenke te lees oor hoe mens hierdie tydelike probleem kan oorkom.
Wees dus geduldig en hou aan met die oefening.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.