Ask an expert
Question

28 Nov 2012

osteoporosis en menacal 7
Hallo Dokter
Ek is 61 en het osteoporose. Vir my protos en menacal 7 voorgeskryf. Ek gebruik magnesium mag sr ook en drink elke aand prothiaden. Kan ek dit almal gebruik.
Groete Essie
Answer 820 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Essie
Ek is jammer om te verneem dat jy osteoporose het. Indien Protos 'n medikasie is wat stronsium-ranelaat bevat, behoort jy dit 2 uur voor of na enige kalsiumaanvulling soos MenaCal.7 te neem. Die MenaCal.7 sal beslis help vir die osteoporose. Magnesium en kalsium werk goed saam, dus kan jy beslis die magnesiumaanvulling gebruik. Prothiaden behoort nie met die aanvullings in te meng nie.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.