Ask an expert
Question

12 Dec 2005

phenylalanine
Hello Dr.
Ek wil graag weet of groot hoeveelhede phenylalanine nadelig is vir 'n mens, want al die gegeurde water wat 'n mens deesdae koop bevat die middel.
Dankie
Vriendelik groete
Answer 1,239 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Hennie
Fenielalanien is 'n aminosuur wat in alle proteïenvoedsels voorkom. Jy sal dus baie inkry as jy vleis, vis, eiers, ens eet. Dit is totaal skadeloos vir die meerderheid mense behalwe 'n baie klein getal persone wat aan oorerflike fenielketonurie ly en nie hierdie aminosuur kan metaboliseer nie. Dit is dan ook die rede hoekom produkte wat fenielalanien bevat, 'n waarskuwing dra om daardie klein getal persone daarop attent te maak dat die produk fenielalanien bevat. Die res van die bevolking word nie geraak nie.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.