Ask an expert
Question

21 Apr 2006

Realislim en Kel6
Hi dokter

Ek gebruik die Realislim en Kel6 vir 'n week noual en voel great, maar ek wil graag weet of dit gesond is as ek in die oggende my fibre pap eet en in die middae eet ek my lunch wat uit bv. mince en rys bestaan, en in die aande eet ek niks tot weer die volgende oggend se pap. Drink baie water deur die dag.

Doen ek my liggaam skade as ek so gaan aanhou?
En is dit regtig nodig om in die aande te eet?

Baie dankie
Mooi bly
Answer 1,251 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Ekke
Ek is regtig nie ten gunste van verslankingspille, veral diegene wat sinefrien, epinefrien of pseudo-epinefrien (kyk op die etiket) bevat nie, aangesien dit gewoonlik nadelige newe-effekte veroorsaak, insluitend afhanklikheid en verslawing. Dit wil vir my voorkom dat die dieet wat jy saam met die pille drink, nie juis goed gebalanseer is nie - dit bevat geen vetvrye melk of suiwelprodukte (vir kalsium) en geen vrugte en groente nie (vir vitamiene en anti-oksidante). Verder is dit glad nie 'n goeie idee om aandete oor te slaan nie, want dit beteken dat jy vir 19 uur niks eet om jou bloedglukosevlakke normaal te hou. Ek wil voorstel dat jy kyk na die verslankingsdieet op hierdie Webwerf (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) en probeer om drie maaltye per dag te eet van lae-vet, hoƫ-vesel kosse om gewig te verloor. Kombineer die dieet met gereelde oefening om die beste resultate te bereik.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9426 votes
No
68% - 19889 votes
Vote