Ask an expert
Question

14 Jul 2008

resepte verander na lae GI
Ek is baie oorgewig en insulien weerstandig. Ek wil baie graag gewig verloor en verstaan dat lae GI dieet die beste is om te volg vir iemand met insulien weerstandigheid.
Die vraag wat ek het is, hoe weet ek as ek 'n resep verander het om sy GI te verlaag, dat dit genoeg was? Byvoorbeeld ek het gelees dat as mens muffins bak moet jy 'n derde van die meel vervang met hawersemels. Maar maak dit die GI laag genoeg vir iemand wat wil gewig verloor?
Ek het ook gehoor om asyn saam met iets te eet verlaag die GI van die ete. Maar wat is die effek werklik?

Tweedens, hoe weet ek wat is die hoeveelhede wat ek mag eet? Dit help seker nie ek eet low gi kos, maar neem nogsteeds te veel kilojoules in nie?
Answer 5,352 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Katie
Omdat jy baie oorgewig is en aan insulienweerstand ly, wil ek jou graag aanmoedig om 'n kliniese dieetkundige te spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind) so dat sy/hy vir jou 'n baie-lae-vet-, lae-GI-dieet kan uitwerk. Om meer te lees oor die GI, kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die GI. Vir gewigsverlies moet die dieet nie net vir die GI aangepas wees nie, maar ook laag wees in vet en in energie. Dus sal dit beter wees as 'n dieetkundige vir jou so 'n dieet uitwerk. Jy sal sien in die artikels oor die GI dat baie van jou vrae beantwoord word. Wat die muffins aanbetref, het rou hawersemels ("oat bran") 'n lae-GI, maar gaar hawersemels het 'n hoƫ-GI, dus sal dit nie eintlik die GI van die muffins baie verlaag nie. Besoek gerus die Webwerf van die SA Glisemiese Indeks Stigting by: www.gifoundation.com en kontak hulle vir resepte en kookboeke.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.