Ask an expert
Question

20 Feb 2004

Sjokolade
Hi Dietdoc,

'n Vriendin van my, "crave" sjokolade elke dag, hoe meer sy eet hoe meer "crave" sy dit, geen ander lekkergoed nie, net sjokolade. Sy drink ook so +- 5 sterk koffies in 'n dag. Wat kan dit wees in die sjokolade wat sy kortkom in haar dieet.

Dankie van al die raad.

Spokie
Answer 1,701 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Spokie
Sulke giere is dikwels net 'n slegte gewoonte wat handuit ruk. Sjokolade en koffie bevat egter albei stowwe wat afhanklikheid kan veroorsaak. In die geval van koffie is dit kafeïne en in sjokolade en kakao is dit teobromien. Dit is dus waarskynlik nie 'n aanduiding van 'n tekort in die dieet nie, maar 'n tipe verslawing. Die persoon moet probeer om geleidelik haar inname van sjokolade te verminder - een blokkie elke 2-3 dae, totdat sy daarvan gespeen is.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.