Ask an expert
Question

08 Jul 2010

SUIKERW/2
Oefening is ''n probleem. My voet het net skielik eendag begin pyn. Ek is dokter toe - dit is toe callous iets. Hoenderspoortjie. Nou is die voet te seer vir stap! Wat anders?
Answer 1,413 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Anna
As jou voet seer is, kan jy immers ook op ander maniere oefen. Ek weet nie waar ju woon nie, maar as jy in een van die groter stede bly, kan jy navraag doen oor die moontlikheid om by 'n gimnasium of sportsentrum te swem. Byvoorbeeld die Universiteit van Pretoria het 'n verhitte swembad waar die publiek swemoefeninge kan doen. Virgin Active gimnasiums het ook swembaddens. Ek sal ook aanraai dat jy 'n spesialis gaan sien oor die probleem met jou voet om te hoor of dit behandel kan word, al dan nie. Jy kan ook 'n stasionĂªre oefenfiets koop by winkels soos Game, en daagliks daarop oefen, want fietsry brand baie energie.
'n Boer maak 'n plan
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.