Ask an expert
Question

07 Jul 2010

SUIKERWEERSTANDIG
Ek weeg 132 kg, is 49 jaar oud en moet gewig verloor omdat ek ''n hewige suur refluks het. Ek drink Gaviscon 3 x per dag en drink Pariet 2 x voor etes per dag. Ek was by ''n dieë tkundige en volg ''n lae GI dieet - soos goed soos wat ek kan. Ek is suiker weerstandig en is al gesê  dat ek moeilik gewig sal verloor. Maar na 3 maande het ek nog net 800g verloor. Wat kan ek meer doen omdat ek hierdie probleem het?
Answer 808 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Anna
Eerstens sal ek aanraai dat jy na jou dieetkundige terugkeer en dit met haar bespreek dat jy tot op datum so min gewig verloor het. Sy sal moontlik jou dieet moet aanpas en sal ook raad verskaf of jy dalk mediese ondersteuning vir jou insulienweerstand nodig het, al dan nie. Indien moontlik sal ek ook aanbeveel dat jy probeer om elke dag aktief te wees, om bv te begin stap. Begin stadig, en stap vir 10 min. Soos jy gewig verloor en fikser word, kan jy jou oefenprogram aanpas sodat jy langer en vinniger stap. Oefening help om suikervlakke te stabiliseer en bevorder gewigsverlies.
Maar gesels gerus weer met jou dieetkundige.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9364 votes
No
67% - 19337 votes
Vote