Ask an expert
Question

29 Nov 2012

Sukel om gewig te verloor
Hallo Doc,
Ek is 53 jaar oud, is op hormoonaanvulling asook eltroxin. Ek het nog nooit regtig gewigsprobleme ondervind nie maar het in die laaste 3 jaar n paar ongewenste kg bygekry. Ek het so ses weke gelede begin oefen in die gym (3 maal per week vir n uur ) en hou ook dop wat ek eet. Ek het egter nog geen gewig verloor of cm''s afgeskud nie. WHY?????
Answer 2,858 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Elsabe
Daar is verskeie redes hoekom mense nie gewig verloor nie. Dit wissel van hormoongebreke soos te min skildklierhormoon tot newe-effekte van vroulike hormone wat tot gewigstoename of gewigsverlies kan lei. In jou geval is dit moontlik die vroulike hormoonaanvulling wat verhoed dat jy gewig verloor. Aan die ander kant kan dit wees dat jou dosis Eltroxin te min is. Moenie self vroulike hormone of Eltroxin probeer instel nie. Gaan sien asb die dr wat hierdie 2 soorte hormone vir jou voorskryf en bespreek hou gewigsprobleem het hom/haar. Verder kan insulienweerstand 'n rol speel - noem dit asb ook vir die dr. Dan is daar die rol van energie-inname wat met ten minste 2100 kJ per dag verminder moet word om bestendige gewigsverlies aan te help. Persone wat aan depressie lei, kan ook gewig optel of verloor afhangende van die persoon se fisiologie. Dit is dus duidelik dat daar besonder baie faktore kan wees wat kan inmeng met gewigsverlies.
Hopelik sal jy kan vasstel watter van hierdie faktore vir jou beïnvloed en dit reg stel.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.