Ask an expert
Question

05 Feb 2013

Sukkel om gewig te verloor
My baba is nou 1 jaar oud en ek sukkel nogsteeds om gewig te verloor. Ek het mooi verloor terwyl ek geborsvoed het. Toe begin sommer vinnig optel toe ek ophou. Ek gym 1 -2 per week en ek speel 2x week tennis. Ek en my man is nou op ''n dieet wat ons geen stysel eet nie. Maar ek verloor nogsteeds geen gewig nie. Ek drink ongeveer 2l water ''n dag. HELP!!!!!!!!!!!!
Answer 2,504 views
Expert
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Nikki
Veels geluk met die geboorte van jou baba. Dit is ongelukkig waar dat sommige vrouens wel gewig optel na die geboorte van 'n kind. Jy noem egter nie vir my jou lengte in meter en jou huidige gewig in kg, sodat ek jou BMI kan bereken om te sien of jou gewig binne of buite die normale reikwydte val, al dan nie. Indien jou huidige gewig alreeds binne die normale reikwydte val, dan sal dit taamlik lank vat om gewig te verloor aangesien die menslike liggaam altyd strewe om sy balans te hou. Ek is persoonlik nie ten gunste van die hoë-proteïen-diëte nie, en sal liewer aanbeveel dat jy 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel-dieet sal gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en jou fisiese aktiwiteit tot 30 min per dag sal opstoot (koop 'n springtou en spring elke dag vir 30 min tou op die dae wanneer jy nie die gym besoek of tennis speel nie).
Indien jy na een maand op 'n gebalanseerde verslankingsdieet nog steeds nie gewig verloor het nie, sal dit miskien 'n goeie idee wees om jou deur 'n mediese dokter te laat ondersoek vir hormoongebreke (tiroïed, insulien en/of vroulike hormone), wat moontlik a.g.v. jou swangerskap ontstaan het.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
30% - 9643 votes
No
70% - 22594 votes
Vote