Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- ADHD Expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Asthma Expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- Cough Expert
- CyberDoc
- CyberShrink
- Oral health expert
- Depression expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
- Fertility expert
- Flu expert
- GynaeDoc
- Headache expert
- Healthy Bones
Tel ek my kilojoules verkeerd
Hi Doc, ek is baie moedeloos. My gewig bly net doodstil staan en daarby saam is ek vrek honger al eet ek ''n lae GI dieet. Ek probeer om by +/- 6000 kilojoules per dag te bly en my dieet lyk as volg (miskien tel ek heeltemal verkeerd - gebruik etikette vir hoeveelheid kilojoules.
Ontbyt:
Eier & gebraaide tamatie (gebraai met spray-and-cook) 350kj
Lae GI brood 450kj
Vetvrye melk 1 kop vir koffie deur dag 400kj
Snack: 2 x ryskoekies 180kj
Piesang 300kj
Middagete:
1/2 kop Woolies slimmer sop (groente met bone) 370kj
Lae GI brood 450kj
2 snye ham 90 kj
In shape kaas 210kj
Komkommer
Fabulite yoghurt 180kj
Ryskoekies 180kj
Aandete:
200g Bobotie gemaak met xtra maalvleis (580kj per 100g)1160kj + 300 kj xtra vir bestandele 1460kj (sonder olie gaar gemaak)
1/2 kop geelrys 600kj
Butternut 100g 200kj
Ertjies 100g 248kj
Suikervrye jellie 100kj
Suikervrye vla 100ml 200kj
Ek gebruik ''n Polar hartmonitor terwyl ek gym en verbrand minimim 2000 kilojoules 5x per week. Ek doen 2 x per week gewigte saam ''n personal trainer en 3x per week cardio.
Ek gee op!!! Kry al nagmerries oor my gewig! Ek is 1.67meter lank en weeg 68kg.
Enige gedagtes? Moet ek dalk begin om my tamaties en komkommers se kj ook te tel? Het eetlusdempers probeer, oa Duromine, bly steeds honger en dit maak my net vreeslik depressief.

Beste Ilse
Ek het jou kJ opgetel en kom ook by 6000 kJ per dag uit, waarop jy nog behoort gewig te verloor veral as jy ook 5 keer per week oefen. Jou huidige BMI = 24,4 wat al binne die normale reikwydte val, m.a.w. jy's nie oorgewig nie, maar nog nie op jou ideale BMI van 22 (gewig 61 kg, dus nog 7 kg om te verloor). Dit wil my voorkom veral omdat jy gedurig honger is dat jy dalk 'n probleem met insulienweerstandigheid het. Het jy al ooit jou bloedglukose- en insulienvlakke laat toets? Miskien kan jy jou dr vra om so 'n toets te doen. Indien jy wel aan insulienweerstandigheid ly en nie daardie ekstra kg kan verloor nie, dan sal die gebruik van medikasies soos Glucophage miskien help. Ander faktore wat gewigsverlies kan vertraag, is depressie of inname van sekre medikasies oos voorbehoedpille? Indien enigeen van hierdie op jou van toepassing is, dan sal dit help om met 'n kliniese sielkundige te gesels vir die depressie en 'n ginekoloog vir alternatiewe metodes van voorbehoeding.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.