Ask an expert
Question

03 Apr 2006

Verloor nie meer
Ek het 33 kg verloor met W/Less en oefening. Ek staan nou meer as 'n jaar botstil hoewel ek 4-5 keer per week 'n strawwe oefensessie insit van ± 1-2 ure per sessie. Ek eet nog meestal volgens W/Less en drink amper 4 liter water per dag. Ek doen ±45 minute strawwe cardio per oefensessie. HELP ASB! Dit voel of ek alles insit, maar niks verloor nie. Ek verloor moed!
Answer 580 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Barbie
Eerstens wil ek jou baie gelukwens met jou wonderbaarlike verlies van 33 kg - jy is 'n skitterende ****ster****. Dink net, dis amper 'n hele ander mens wat jy verloor het. Dit is nie te versmaai nie. Jy noem ongelukkig nie hoeveel jy tans weeg en jy lengte so dat ek jou BMI kan uitwerk om te sien of jy nou al in die normale reikwydte is, al dan nie. Mits jy al 'n BMI van 25 of minder besit, dan is dit moontlik dat jou liggaam stilstaan op 'n nuwe vlak en dat dit taamlik lank kan neem as jy nog wil verloor. 'n Ander moontlikheid is dat die strawwe oefening jou spierweefsel gedurig laat toeneem, en spierweefsel weeg meer as vetweefsel. Ten laaste is die 4 liter water miskien die oorsaak - dit is gans te veel en jy ly moontlik aan elektrolietversteurings omdat dit oormatige water inname belangrike minerale soos kalium, magnesium, kalsium en natrium uit jou liggaam was en elektrolietwanbalanse kan lei tot waterretensie wat jy swaarder sal laat weeg. Op hierdie stadium moet jy asb nie moed opgee nie - jy het dan al soveel bereik. Gaan terug na die Weighless Dieet aangesien dit so goed vir jou gewerk het, volg dit weer streng soos aan die begin, doen jou oefeninge en drink net 1,5 liter water per dag en kyk of dit dinge nie sal verbeter nie.
Aanhou wen
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.