Ask an expert
Question

01 Jul 2005

versapping
Aangesien ek oor die algemeen nie baie eet deur die dag nie, maar nou op 'n dieet wil gaan om ernstig gewig te verloor (ong 30 kg), weet ek dat ek "al die nodige kos" sal moet eet, dit is dus gebalanseerd.
Sal dit enige verskil maak indien ek bv. van die groentes en vrugte versap (smoothies maak daarvan) en dit etenstyd drink, of MOET die kosse in vaste vorm geëet word.
Answer 2,668 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Ann
Jy kan groente en vrugte versap as dit vir jou lekker is, maar dit help nogal om vaste kosse te kou want dit laat die brein 'dink' jy het meer geëet. Dus sal ek aanbeveel dat jy om die beurt die groente en vrugte versap en heel eet. Aangesien jy baie gewig wil verloor, wil ek aanbeveel dat jy ondersoek instel na Xenical. Bespreek ook die gebruik van Xenical met jou dr, want dit sal miskien help om jou gewigsverlies 'n hupstoot te gee. Xenical is 'n ware 'fat trapper' en dit word saam met 'n baie-lae-ver-dieet gebruik. Aangesien dit duur is, kan die dr miskien reël dat jy die Xenical op jou chroniese medikasie voordele kry van die mediese fonds. Sodra jy begin gewig verloor, kan jy ook begin oefen - sluit aan by Walk for Life - hulle sal jou toestand moniteer soos jy oefen en jou ondersteuning gee om te volhard.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19974 votes
Vote