Ask an expert
Question

01 Dec 2004

Vitamien tekort?
Ek volg 'n dieët wat deur 'n "consultant dietician" vir my uitgewerk is. Ek kry sere in my mond wat soos koorsblare lyk. Ek weet nie of dit verband hou met die dieët nie. Ek borsel my tande na elke ete selfs by die werk. Het ek dalk 'n vitamien tekort?
Groete
Vettie
Answer 1,045 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Leserin
Nee ek dink nie dat jou dieet vir die sere verantwoordelik is. Jy moet of jou tandarts or dr vra om na die sere te kyk want dit kan deur verskeie mikroörganismes veroorsaak word (virusse of swamme) en jy sal moet behandeling daarvoor kry. Neem ook 'n kursus van 'n volledige vitamien- en mineraalsupplement soos Centrum of Supradyn Forte vir 'n maand om jou immuniteit op te bou.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.