Ask an expert
Question

26 Feb 2009

Vrugte
Hallo Doc

Ek is mal oor hierdie tyd van die jaar, want al die vrugte waarvan ek hou is volop beskikbaar. Ek is veral mal oor druiwe. Ek eet gewoonlik een tros per dag. Meestal is dit die soort met die groot swart korrels. Ek het egter op sahealthinfo se webwerf gaan kyk en die tros van 370g wat ek vanoggend geë et het bevat meer as 1 000 KJ!!! Dit is darem vreeslik baie! Hoe nou gemaak? Moet ek druiwe uit my dieet sny? Die tros wat ek geë et het was nie baie groot nie, maar as gevolg van die feit dat die korrels so groot is het dit seker veroorsaak dat die gewig so baie was. Ek weet nie hoe om te maak nie.
Answer 1,757 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Jana
Ja, vrugte is tog te lekker en ook gesond, maar sommige vrugte het nou wel 'n hoër energie-inhoud as ander. Dit is hoofsaaklik weens die hoë suikerinhoud van die druiwe. Volgens die SA Voedseltabelle bevat appel 245 kJ, lemoen 197 kJ en druiwe 297 kJ per 100g onderskeidelik. Boonop weeg die druiwe baie. Ek kan maar net aanraai dat jy jou porsie kleiner maak! Probeer jy verslank? Indien wel, is dit beter om kleiner porsies vrugte te eet en te konsentreer op groente.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9363 votes
No
67% - 19334 votes
Vote