Ask an expert
Question

06 Aug 2008

Wat moet ek drink?
Hallo doc, Ek is in my 20' s en kuier elke naweek saam vriende ens. Ek volg ' n lae-vet lae GI diet saam Xenical maar verloor niks gewig(vir 1 en halwe maand al) oor die alkohol oor die naweke nie! Wat kan ek drink wat nie so vet maak nie?
En hoe kan ek vir waterretensie en insulien getoets word? Is daar enige simtome vir die bogenoemde?
Answer 1,717 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Tasha
Om jou laaste vrae eers te beantwoord: As jy jou mediese dr vra om 'n algemene ondersoek te doen, sal hy/sy wel kan vas stel of jy aan waterretensie ly. Die dr sal jou dan ook kan stuur om jou insulien- en glukosevlakke te laat toets. Die simptome van waterretensie is dat jou enkels en voete geneig sal wees om te swel en dat jy soms meer weeg (bv tydens menstruasie). Insulienweerstand neig om jou gewig te laat aansit en stuit pogings tot verlies. Sommige mense voel ook chronies honger en mag op tye flou voel a.g.v. lae-bloedsuikervlakke. Wat drink van alkohol aanbetref, moet jy probeer om dit geheel en al te staak, want alkoholiese dranke bevat baie energie (29 kJ/gram) en as jy wel insulienweerstand het, dan is dit ook teenaangedui. Drink dus sodawater of koeldranke soos Sprite Zero, Coke Light, ens, wat met sintetiese versoeters gemaak word en geen energie tot jou dieet bydra nie. Teen hierdie tyd moes jy met die lae-vet dieet en Xenical al gewig verloor het. Noem dit asb ook vir die dr.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9476 votes
No
68% - 20327 votes
Vote