Ask an expert
Question

20 Oct 2009

Water inname &amp  Cardio
HI Dietdoc
Baie dankie vir al die wonderlike inligting op al ons vrae.

Ek wil graag weet hoeveel water/vloeistof ek kan inneem indien ek 30min Cardio doen voor 6 uur in die oggend. Ek vind dat ek ongeveer 1 - 1.5l inneem terwyl en net nadat ek oefen, daarna eers weer ongeveer teen 11uur dors word. Ek drink slegs water gedurende die dag, en 1k koffie soggens en saans. Ek weet u beveel aan nie meer as 2.5l vloeistof nie, maar wil tog weet of ek nie meer mag inneem per dag nie, omrede ek oefen en dit in daardie tyd uitsweet nie.
Answer 938 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste RSS
Ek is nog steeds van mening dat volwassenes nie meer as 2,5 liter vloeistof per dag behoort in te neem nie. Maar as jy straf oefen of baie sweet, dan volgens Prof Tim Noakes, die sportdeskundige, moet jy jou vloeistofinname volgens jou dors aanpas. Moenie daardie 1,5 L water drink omdat dit byderhand is nie. Kyk of jy dors is en drink dan 'n matige hoeveelheid. Daar is baie gevalle van 'waterintoksikasie' aangeteken, waar atlete te veel water inneem. Dit is miskien ook beter om 'n deel van jou vloeistofinname tydens oefening in die vorm van energiedrankies (Energade, Powerade, EnerG, ens) in te neem, aangesien hierdie produkte wel elektroliete soos natrium en kalium bevat en dus elektrolietuitputting teenwerk.
Geniet die oefen
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9379 votes
No
67% - 19431 votes
Vote