Ask an expert
Question

03 Apr 2006

Watter een??
Ek en my gesin wil 'n "healthy lifestyle" begin volg, aangesien ek en my man redelik oorgewig is en cholesterolprobleme het. Maar ons moet ook kyk na ons begroting. Al die "regte" kosse soos "heart foundation, weighless approved" en "lite" kosse kos heelwat meer as die gewone. Ek is bereid om ekstra te betaal, maar sodra mens jou hele koskas gaan vervang, gaan dit 'n plaas se prys kos!!

Voorbeelde: Sasko se Crushed wheat brood teenoor Albany witbrood. Ek het na die vetinhoud per 100 g gekyk, en die witbrood s'n is laer!

Wat is 'n goeie riglyn om na te kyk op die voedingswaarde tabelle. Dit sal my moontlik help.
Answer 493 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Anel
Jy kan baie doen aan julle inname van totale vet, versadigde vet en cholesterol, deur meer groente en vrugte, lae-vet of vetvrye melk en suiwelprodukte soos jogurt en maaskaas, peulgroente (droƫ bone, erte en lensies en soja), baie maer vleis in klein porsies, hoender sonder vel, baie vis, en poli-onversadigde margarien of olyfolie te gebruik, sonder om die spesiale kosse te koop. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, dan op 'You are what you eat' en lees die afdeling oor 'Healthy Heart' vir meer wenke.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9370 votes
No
67% - 19371 votes
Vote