Ask an expert
Question

12 Mar 2007

Weighless vs dieetkundige
Waarom verloor ek so stadig by Weighless. Ongeveer 200g per week. Ek was al voorheen by 'n dieetkundige. Die dieet het bestaan uit 4500kj. 4 Stysels was toegelaat maar wat opvallend is dat die porsie grootte verskil. Weighless se porsies is groter en ek kan dit soms nie baasraak. Kan ek dit verminder.
Answer 473 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Melanie
Ek moet erken dat ek dit vreemd vind dat jy so stadig gewig verloor met Weighless. Algemeen gesproke verloor mense ongeveer 1 kg per week. Dit is eintlik iets wat jy met die Weighless personeel moet bespreek, aangesien hulle tog daar is om jou te help en baie ondervinding met hulle dieet het. Dit sal miskien help om wel die porsiegroottes effens te verminder. 'n Ander moontlikheid is om terug te keer na jou dieetkundige want dit is moontlik dat jy nou aan insulien weerstand ly en 'n dieet met 'n lae glisemiese indeks nodig het, pleks van net 'n lae-energie dieet. Die byvoeging van daaglikse oefening (touspring, fietsry, flink stap of draf of swem) vir 30 of meer minute per dag, sal ook help om jou metabolisme te stimuleer en gewigsverlies aan te help.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19974 votes
Vote