Ask an expert
Question

10 Mar 2004

X-diet
Beste Diet Doc
Ek probeer tans gewig verloor. Ek het probeer om alle moontlike sienings oor diete te lees en het uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat 'n gebalanseerde dieet wat alle voedselgroepe insluit (party meer as ander) die enigste antwoord is en dat dit gekombineer moet word met oefening. Ek het al te veel kitsoplossings probeer volg en dit werk nie.
Ek hou van die idee van die x-dieet omdat ek gladnie van 'n protein dieet hou nie. Behalwe dat dit my cholesterol verhoog, gaan staan my ingewande, ek voel opgeblase en my asem ruik sleg.
Al wat vir my moeilik is wanneer ek die vette probeer uitsny is dat my vel (selfs my kopvel) baie droog word. Ek het dit 'n maand gevolg amper 'n jaar gelede en ONGELOOFLIK baie energie gehad. Ek het die vet-aanvullings (Omega 3 & 6) geneem. My skildklier is effens onderaktief en ek gebruik medikasie daarvoor. Ek weet nie of dit deel van die probleem was nie (droe vel).
Ek verstaan ook nie mooi wat gebeur wanneer jy jou uiteindelike doelmate bereik nie (volgens die boek is dit sinneloos om jou te weeg aangesien jy spiere bou). Moet 'n mens aanhou om so baie koolhidrate-ruile te eet. Uit die gevallestudies het ek afgelei dat ek omtrent 14 ruile op 'n dag moet eet (lae en hoe GI, want ek probeer my spiertonus verhoog en my metabolisme versnel). Ek is net bang dit is 'n bietjie te veel. Weigh-less beveel tot 6 koolhidraat-ruile per dag aan. Ek oefen nou egter gereeld en vind baie baat daarby. Ek wil regtig probeer om 'n nuwe lewenswyse aan te leer, want glo my ek het alles probeer en dit werk nie om jou te verlaat op wonder-diete nie. Ek is net onseker oor hoeveel van wat genoeg is omdat die verskillende sienings mekaar soms weerspreek. Eintlik sal ek moeilik 14 koolhidrate op 'n dag kan inpas, veral as ek ten minste 4 porsies vrugte moet eet.
Ek hoop my vraag maak sin en dat die brief nie te lank is nie.
Answer 787 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Foxie
Veels geluk met jou verstandige houding teenoor gewigsverlies. Die X-dieet, wat gegrond is op 'n hoë-koolhidraat, lae-vet inname behoort goed te werk vir jou gewigsverlies veral omdat jy al in die verlede daarby baat gevind het. Ek vermoed dat die droë vel en kopvel deur die tiroïedhormoon-gebrek veroorsaak word. Dit sal miskien raadsaam wees om 'n Dermatoloog daaroor te spreek net om seker te maak dat daar nie ander onderliggende probleme is nie. As jy jou doel bereik het, dan sal ek aanraai dat jy verander na 'n lae-vet, hoë-vesel dieet (wat minder koolhidraat-ruile bevat), wat bietjie meer variasie toelaat. Hou aan met die oefening, want dit help met gewigsverlies en ook om jou metabolisme te stimuleer.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9364 votes
No
67% - 19337 votes
Vote