Ask an expert
Question

22 Jul 2008

yster supplemente
Ek het gelees ek moet vir n yster tekort yster-suplemente gebruik. Vir hoe lank? As ek vir n maand n yster supplenet neem en daarna n multi vit en minerle vir vroue bedoel (hoog in yster) sal dit voldoende wees?

Baie dankie.
Answer 803 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Liza
Die lengte van die tydperk waartydens jy 'n sterk ysteraanvulling met foliensuur (soos bv FerroFolic) sal moet drink, sal van die erns van jou ystertekort afhang en ook watter supplement die dr voorskryf. Algemeen gesproke vat dit tot 3 maande om lae ystervoorrade weer aan te vul. Bespreek dit dus met die dr wat jou behandel voordat jy 'n supplement met 'n laer ysterinhoud soos die vitamien- en mineraalaanvulling begin gebruik. Maak eers seker dat jy jou ystertekort genees het.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.