Ask an expert
Question

09 Jan 2013

Ek kan nie meer nie wat moet ek doen
Ek en my kerel is nou al 5 jaar saam maar ek is so ongelukkig met die keuses wat hy maak.

Dit het als so begin ek was werkloos gewees het ok nie matriek gehad nie.
Toe kry ek n werk van 2500.00 n maand na 6 maande het hul gese kan my nie meer bekostig nie toe is ek weer sonder werk.
Ek weet ek moes nie gaan grou het op my kerel se foon nie maar het boodskap van sy ma wat sy aan hom gestuur het (Wil (My Naam) nou iets gaan doen omdat jy geld het) ek meen vandat ek en hy saam is het hy my nooit uit gevat as ek nie betaal daarvoor nie hy het wel ‘ n drank problem en drink al sy geld uit en spandeer niks op my nie.
Daai boodskap wat sy ma gestuur het, het my mal gemaak ons het uitgemaak vir ‘ n maand toe begin hy my weer sms hy soek my terug, ek het hom terug gevat en gese ja ek sal hom nog ‘ n kans gee.
Ek het my matriek in tussen gaan doen het ‘ n ordentlike werk gekry toe besluit ons, ons wil saam intrek, Toe kom dit laat ons by sy ma ‘ n woonstel huur. Het 6 maande daar gebly.
Elke liewe keer as ek en hy vas sit praat hy hard sodat sy ma hoor en sy ma bly inmeng sy is daar met alles en sy weet alles van ons, ons kan nie soos groot mense ons eie problem uitsort nie hy vra altyd sy ma wat om tedoen.
Daar het n punt gekom toe ek besluit het genoeg is genoeg toe trek ek terug na my ouer huis toe ek was verloof aan hom en het sy ring terug gegee aan hom maar sy ma was vinnag om die ring tevat.
‘ 2 maande nadat ek uitgetrek het het ons nou ons eie plekkie gekry op ons eie sonder sy ma, ons het altwee verlof gehad in desember Ek kry nie altyd verlof saammet hom nie maar my baas het my ‘ n vergining gegee, toe se hy hy wil saammet sy ma see toe gaan(ek en sy ma is nie op speaking terms nie) ek meen ek het verlof saammet hom en nou wil hy by sy ma wees??? Hy het nou wel nie gegaan nie,maar my vakansie was glad nie angenaam nie en hy het dit rerig nie lekker gemaak nie.
Toe kom hy eendag na my toe en se vir my ek moet n breuk vat vir ‘ n week dat ek kan gaan dink wat ek wil he van die verhouding want ons altwee is ongelukkig hy gaan by sy ma bly en ek by my ma.
Ek het by my ma gaan bly en toe vind ek later uit dat hy plaas toe(SY PA HET N WILDSPLAAS) is intussen maar volgens my sou hy ok gaan dink het oor ons.(So hy lieg vir my)
Ek het hom prober in die hande kry maar sy foon was af(ek het intussen op n boodskap afgekom wat sy ma vir hom gestuur het terwyl hy op die plaas was dat hy sy foon moet afsit laat ek hom nie kan pla nie)

Ek en hy doen rerig niks saam nie nou se hy ook dat hy elke 2de aand by sy ma wil gaan kuier en elke sondag saammet haar kerk toe gaan(Ek meenons is saam maar hy wil alles saam sy ma doen)
Hy stuur tot vir haar sms dat hy daar by haar huis wil kom slaap!!!!! WAT MOET EK DOEN EK VOEL EK KAN NIE MEER NIE MOET EK DIT LAAT GAAN EN MY LEWE OOR BEGIN SONDER HOM
Hy het al paar keer geweld op my uitgehaal my kop teen muur stukkend geslaan en als maar ek is tog life vir hom en weet nie hoekom ek by hom bly nie.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
31% - 9520 votes
No
69% - 20870 votes
Vote