Ask an expert
Question

17 Jul 2006

Altzheimer
Geagte Genetikus, my moeder is in 2002 oorlede, vyftien jaar na Altzheimer by haar gediagnoseer is. Sy kom uit 'n gesin van 5, twee broers drie susters, die kronologiese verloop van die siekte was by al drie dieselfde. Die broers het net "baie vergeet", maar die graad van deterioasie van nie naastenby die van die susters nie. Hulle was goed georeienteer wat tyd plek aanbetref.

In ons geslag is die oudste niggie 72, toon geen tekens van vir ons as familie 'n gevreesde siekte is. Hoe sterk ons as kinders se predisposisie om die siekte te kry? Ek is nou 53, enige normale vergeet, kry 'n patalogiese geurtjie, ons verwysingsraamwerk rondom altzheimer is traumaties.

Wil net meld dat my Moeder se ouers (kom van my Ma se kant), hulle het net "vergeet", ding 2 of drie keer oorvertel.

Kan bloedtoetse Altzheimer bevestig?

Baie dankie vir u Hulp. Groete.
Answer 1,160 views
Expert
Geneticist
geneticist

01 Jan 0001

Beste Lizel

Dankie vir jou navraag. Ek het 'n groot belangstelling in Alzheimer's omdat my ma ook van vergeetagtigheid begin kla het en ons toe 'n genetiese toets op haar gedoen het op aanvraag van die mediese dokter wat haar behandel het. Die toets is nie spesifiek ontwikkel om vas te stel of iemand Alzheimer het nie, maar om genetiese en omgewings risikofaktore te identifiseer wat kardiovaskulere siekte kan veroorsaak as dit nie behandel word nie. Die toets sluit 12 genetiese veranderings in waarvan sommige ook die risiko vir Alzheimer's kan verhoog. Die toets word uitgevoer op 'n mondsmeer wat geneem word met "watte stokkie". As jy meer inligting verlang en die toets oorweeg kontak my asb by 021 4225538 dan reel ons 'n afspraak (telefonies ook moontlik) met 'n genetiese raadgewer om verder te verduidelik sodat jy self kan besluit of jy dink dit sal van waarde wees vir jou.

Groete, Maritha
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.