Ask an expert
Question

18 Jan 2004

cystic vibroses
wat is cystic vibroses? my vriendin se 2 j oue seun is 'n draer daarvan, en ons wil graag meer daaroor uitvind
Answer 1,287 views
Expert
Geneticist
geneticist

01 Jan 0001

Beste Berinda

Sistiese fibrose is ‘n oorerflike outosomaal resessiewe siekte van die eksokrienkliere. Abnormale chloried-sekresies deur die buitenste membrane van die epiteelselle veroorsaak aantasting van die pankreas, respiratoriese sisteem en sweetkliere in SF pasiënte. ‘n Verhoging in die sout (NaCl) konsentrasie word in alle SF pasiënte se sweet waargeneem en word beskou as die waarmerk van die siekte. 'n Genetiese toets kan ook gedoen word om die diagnose te bevestig (twee kopiee van die defektiewe geen is oorgerf) of draerstatus (een kopie is oorgeerf) vas te stel

Outosomaal resessief beteken dat beide ouers van 'n kind met die siekte een kopie dra (of draers is) van die geendefek, maar hulle toon geen aantasting nie. Daar is 25% kans met enige swangeskap van so 'n ouerpaar waar beide draers is dat 'n swangeskap abnormaal kan wees wanneer twee kopiee van die defektiewe geen oorgeerf word - een vanaf ma en een vanaf pa.

Groete, Maritha
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9463 votes
No
68% - 20183 votes
Vote