Ask an expert
Question

26 Jul 2006

Tweeling
Haai

Wil net iets weet uit interresantheid. Ek het n identiese tweelingsuster. Ons was baie na aan mekaar. Ons bly nie in dieselfde stad nie, maar koop baie van die tyd dieselfde kleur klere of eet dieselfde kos vir middagete. Ons is nou nog nader aan mekaar nadat ek laas jaar vir haar een van my niere geskenk het. Sy het nooit koffie gedrink nie, waar ek weer vreeslik lief is vir koffie. Sy is nou net so verslaaf aan koffie. En nog baie ander goed. Sy het galstene gehad en ek het ook die pyn gehad. Sy het my eers n paar dae later gese van haar probleem. Ek voel al die afgelope twee weke baie "af". Ly aan lae bloeddruk. Het haar nie daarvan gese nie. Vandag toe sy my bel, se sy vir my sy het vir bloedtoetse gegaan om te sien wat haar kreatinien is omrede sy so moeg is. Ek se toe vir haar die probleem kan dalk by my le. My vraag is, is dit alles net telepatie of is daar actually n verandering in haar liggaam? Omrede ek nie wil dokter toe gaan as ek siek is nie, kan ek haar indirek siek maak? Ek weet dit klink n bietjie stupid, maar net nuuskierig.

Baie dankie
Answer 569 views
Expert
Geneticist
geneticist

01 Jan 0001

Beste Landa

Ek weet regtig nie wat om jou te antwoord nie. Dit is seker maar wat "telepatie" genoem word soos jy dit ook gestel het. Miskien moet jy liewer 'n sielkundige hieroor raadpleeg want ek weet nie van gene wat al gevind is wat verklaring kan bied nie! Maar dit is regtig baie interessant.

Groete, Maritha
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9369 votes
No
67% - 19367 votes
Vote