Ask an expert
Question

08 Mar 2004

X-ray radiation and Skin cancer
Beste Maritha,

Dankie dat jy mense se vrae antwoord, nie soos die dermatoloog of die plastiese chirurg nie. Ek dink hulle sou my kon help, maar ek sien geen antwoorde van hulle af op ander persone se vrae nie.

My vraag is: My werk is besig om "Whole body" X-ray scanners te installeer om diefstal van Platinum te probeer keer. Ek is bekommerd hieroor aangesien ek al 'n paar keer vir basaalsel carsinome verwyderings operasies gegaan het.. selfs 'n veloorplanting. Wat is U mening oor die invloed van "lae dosis" X-rays op 'n daaglikse basis op vel kankers?

Kan U my na 'n deskundige verwys in hierdie verband indien U my nie kan help nie?

Baie Dankie
Johann
Answer 380 views
Expert
Geneticist
geneticist

01 Jan 0001

Dear Johann

Ek sou ook bekommerd wees oor die lae-dosis bestraling as ek jou mediese geskiedenis gehad het. Ongelukkig kan ek nie help uit 'n genetiese oogpunt nie ten spyte daarvan dat ek navraag gedoen het by 'n kliniese genetikus om sy mening te kry. Ons stel voor dat jy 'n bestralingsonkoloog kontak vir raad.

Groete, Maritha
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19307 votes
Vote