Ask an expert
Question

26 Nov 2005

Parkinsons, veelvuldige sklerose, lupus?
My ma lei aan erge hoofpyne, dit is 'n konstante hoofpyn op een kol op haar linker slaap en dan skielik voel dit of iemande 'n mes in haar kop steek en na 'n ruk is dit weer weg. Haar regter oog se pupil is ook met tye vergroot, dit voel of goggas op haar gesig loop, haar "joints" pyn, haar hande pyn, haar kop skud asof sy parkinsons het party dae meer as ander. Sy was al by hoeveel dokter hul het al toetse gedoen van breinvlies onsteking, veelvuldige sklerose, parkinsons, lupus maar kon nog nooit iets bevestig nie ons is al raadop wat kan die oorsaak wees?
Answer 1,856 views
Expert
Headache expert
Headache expert

01 Jan 0001

Beste Jeanine,

As jou dokters al breinvlies onsteking, veelvuldige sklerose, parkinsons, en lupus uitgeskakel het, dan moet daar verdure ondersoek plaasvind.

As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19975 votes
Vote