Ask an expert
Question

28 Mar 2007

Pynlose migraine
Ek het groot geword met 'n baie pynlike migraine (ek dink dit het die onklasieke naam van 'clasic migraine' of iets van die aard). Totdat ek uitgevind het wat dit is, het ek sommer 6 Grandpa's op 'n slag gedrink, wat ook nie gehelp het nie. Daarna het ek meer gesofistikeerde middels begin gebruik (Sondomigran). Dit was sowat 35 jaar gelede.

Heelwat jare gelede al, het dit omgeskakel in een of ander okulêre tipe migrain; 'n pynlose migrain. Ek ervaar slegs auro tydens 'n aanval, en dit wissel van hewige auro na somtyds nie so kwaai nie. Somtyds meer kleure en somtyds minder. Absoluut geen pyn nie.

Wanneer ek 'n aanval kry, kyk ek op die horlosie en stel dan alles wat ek mee besig is uit vir 20 minute, want dit is hoe lank dit hou.
2o Minute van flitsende ligte in alle kleure voor my.

Kan baie ure voor 'n rekenaar daartoe bydra? Die alergie-spekulasie, ek dink nie dit is 'n alergie vir iets spesifieks nie. Dit kan meer waarskynlik spanning wees.

Ek sal daarmee kan saamleef indien ek weet dat dit nie die voorspel van iets anders is nie - en dit is wat my bekommer.

Answer 771 views
Expert
Headache expert
headache expert

01 Jan 0001

Beste Dave,

Die toestand waar iemand die aura kry sonder die pyn is welbekend. Dit is nie die voorspel van iets ander nie!

Daar is 'n medikasie met die naam 'motilium' wat soms in die toestand help. Wanneer die aura begin, drink u 3 10mg tablette. In 66% van leiers help dit om die aura korter te maak.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9435 votes
No
68% - 19999 votes
Vote